Showing posts with label electricity. Show all posts
Showing posts with label electricity. Show all posts

Monday, February 2, 2009

DA Speeches Council Meeting 29 January 2009 - Electricity


SPEECH BY CLLR GERT PRETORIUS


Council meeting 29 January 2009 Part 1 Item 1


Electricity

Mr Speaker this is a very important report and although it has served before the relevant portfolio committee, I still want to say something about it. This Country and specifically our city is facing an extremely serious situation in the sense that peak period demand for electricity exceeds Eskom’s ability to supply sufficient electricity during peak periods. The sad truth is that if we are forced to do load shedding; we also load shed people. Their ability to move around freely to and from work, their ability to actually do their work and to put bread on the table, aspects related to health and education, these and more are severely affected by power outages.

In this report there are good proposals but unfortunately nothing that will immediately endeavour to address the situation. We looked at seven alternative sources for energy and I am of the opinion that we can do mush more to effect at least three of this proposals.

Eerstens Mnr die Speaker moet ons baie meer reklame maak oor die gebruik van sonkrag. Ek het dit al voorheen gese maar ek gaan dit weer se. Indien die verbruiker regtig bewus is en ek glo dat baie verbruikers wel die erens van die saak begryp sal hulle meer genee wees on self iets aan die situasie te doen. Om van sonkrag waterverwarmers gebruik te maak spaar die verbruiker nie net op sy elektrisiteitsrekening nie, maar lewer die verbruiker ‘n uiters belangrikke bydrae om minder las op Eskom se kragleweringsvermoe te plaas. Hierdie reklameveldtog kan die raad tog nie so baie kos nie en kan onmiddelik geimplimenteer word. Die raad kan byvoorbeeld in samewerking met Tshwabac en die handel permanente uitstalruimtes beskikbaar stel en die inwoners aanmoedig om hierdie uitstallings te besoek.

I want to remind this house that more than two years ago this council accepted a motion proposed, if I am not mistaken, by Councillors Dr Napier and Prof Baker that all new developments should install solar water heating as a matter of course. Economy of scale makes this a viable proposition. Are we doing this?

The second possibility is to urge residents to make use of LP gas and acquire some LP gas equipment. Most households normally prepare their main meals for the day during evening peak demand periods. The use of a gas stove can do wonders in limiting the city’s electricity demand during these critical periods. Again the council must embarked on an awareness campaign to inform our residents out there. This can also be part of a semi permanent exhibition as mentioned before.

Thirdly we should investigate and accelerate the deployment of load shedding on all existing electrical hot water systems. According to an engineering study done by IST some time ago, it should be relatively easy for the city to shed some 200-300 Megawatts during periods peak demand by using this simple approach.
Sir, I would plead with this Council that this technology be implemented rather sooner than later. The Department should be tasked with coming up with a strategic assessment and implementation plan with time lines to do this.

Mr Speaker, I plead that we opt for the easy and simple approaches first as a matter of urgency, whilst at the same time pursuing all other options as well.

Ek wil ook graag ‘n beroep op ons verbruikers doen. Dit is so dat ons as verbruikers nie aandeel gehad het in die onvermoe van Eskom om nie nou en ook nie vir die afsienbare toekoms voldoende elektrisiteit te lewer nie. Ons kan en ek glo dat dit ons landsplig is om ‘n bydrae te maak om so min as moontlik elektrisiteit te gebruik. Kom ons oorweeg dinge soos die installering van sonwaterverwarmingstelsels, die gebruik van gastoestelle en die installering van energiebesparende gloeilampe in ‘n poging om soveel moontlik elektrisiteit te bespaar. Dit is eintlik in ons land, in ons stad en in ons eie belang!

Ek dank u.

Councillor Gert Pretorius
DA Spokesperson: Energy and Electricity
0825523590

Monday, September 1, 2008

Speeches: Council 28 Aug 08 - Electricity Tariffs


Council meeting: 28 August 2008, Part 1 Item 2

Aanvanklik het Eskom 'n tariefverhoging van 14.2% aangekondig en hierdie Raad (ANC) het hierdie jaar tydens die begrotingsdebat daarmee gespog dat alhoewel Eskom se tariewe met 14.2% styg, Tshwane sy tariewe slegs met 12% met ingang van 1 Julie sal aanpas (glo goeie regering/bestuur).

Later het die NER egter aangekondig dat Eskom se tariewe met 'n verdere 13.3% verhoog gaan word. Hierdie Raad moet nou ‘n verdere verhoging van 14.5% goedkeur. Miskien kon die goeie bestuur dit nie weer reg kry om die voorgestelde verhoging weer met 2.2% te subsdueer nie. Dit sal nou beteken dat Jan Alleman in die Munisipaliteit van Tshwane in hierdie jaar vir ‘n verhoging van 27.5% in elektrisiteitstariewe sal moet opdok.

Ek moet byvoeg dat die Nasionale Elektrisiteits Reguleerder (NER) voorgestel het dat munisipaliteite ‘n totale vehoging van tot 32.6% vehoging in hulle tariewe kon implimenteer. ‘n Mens word sommer weer van vooraf ongelukkig omdat elektrisiteitsverbruikers so ‘n buitensporige verhoging in tariewe moet betaal. Ons as verbruikers in hierdie stad is egter dankbaar dat die raad die impak van die verhogings tot 27.5% kon beperk.

One must also remember that a percentage increase on the wholesale price of electricity will result in a certain increase in the amount of income and if the same percentage increase is applied to the retail price of electricity it will result into a higher increase in the income. It is thus possible for a municipality to implement a lower increase in their tariffs taking into account that the increase is levied on the retail price of electricity.

Die DA is allermins tevrede met die algemene toedrag van sake en ‘n mens kan nie anders om dit weer te noem nie:

Eerstens versaak die Nasionale Regering sy plig om betyds fondse beskikbaar te stel vir bykomende kragsentrales toe die probleem van Eskom se kapasiteit onder sy aandag gebring is. President Mbeki het reeds die misstap erken.

Tweedens agv hierdie "fout" wat deur die regering gemaak is kon die Regering self vir sy fout probeer vergoed het deur aan Eskom, wat sy eie onderneming is, kapitaal te skenk vir Eskom se uitbreidingsprogram en nie te leen nie. Nou moet ons as verbruikers vir swak besluitneming deur die regering vir die terugbetaling van Eskom se lenings instaan. Ons moet ook nie vergeet dat al hierdie teriefverhogings met 14% algemeneverkoopsbelasting belas word en dit ook die regering se koffers bevoordeel. Hoe groter die foute van die regering hoe groter is hul inkomste!

Thirdly: Recent news paper reports stated that ESKOM’s credit rating was negatively influenced with the state of its affairs. This in fact means that ESKOM will now pay higher interest rates on its loans. This in turn again could affect further increases in ESKOM rates. When will we as consumers stop paying for the mistakes of the ruling party?

If a business like ESKOM, is managed in the way it was managed over the past couple of years and it was faced with competition in the private sector, ESKOM would have been history!

Verder het Eskom se betuur gruwelik misluk met die normale instandhouding van die kragsentrales; praat nie eers oor die fiasko met die geredelike beskikbaarheid van kole nie asook al die bonusse wat Eskom se topbestuur ontvang het. Behalwe vir al die kragonderbrekings wat uiters nadelig vir die sakesektor is en ook ons land se ekonomie in die algemeen wat daardeur oneindig skade gelei het, word die verbruiker nou met al hierdie probleme opgesaal. 'n Mens kan jouself die vraag afvra of dit regverdig is en of so 'n regering verdien om aan bewind te wees.

Die Raad se twee kragsentrales sal vir die afsienbare toekoms sover moontlik teen volle kapasiteit moet loop om te help met "Loadshedding". Hoe meer krag ons kan opwek hoe minder sal die stad deur "Loadshedding" beinvloed word en hoe minder sal ons verbruikers geraak word. Daar moet egter ingedagte gehou word dat die opwekking van ons eie krag relatief duur is. Ek glo egter dat die 27.5% verhoging in tariewe hiervoor sal kan instaan.
Die feit dat ons vir die afsienbare toekoms baie meer vir krag sal moet betaal, is 'n voldwonge feit en ons sal maar na alternatiewe bronne van energie moet kyk.

Ek het by my huis 'n sonverhitte warmwaterstelsel laat installeer om die impak van die komende verhogings aan die een kant te elemineer maar ook aan die anderkant om my bydrae te maak om minder energie van Eskom te verbruik.

Raadsheer Gert Pretorius
DA Woordvoerder vir Energie en Elektrisiteit
Munisipaliteit van Tshwane
082 552 3590

Raadsvergadering: 28 Augustus 2008, Gedeelte 1 – Item 2

Mnr Die Speaker

Hoekom is die DA bekommerd dat die voorgestelde tariefverhogings verreikende gevolge vir die Raad se kontantvloei gaan he . Ek wil die stelling motiveer met die volgende voor die hand liggende redes
- `n Beduidende verhoging in die Raad se uitstaande debiteure , met `n saldo wat alreeds meer as R2,6 biljoen beloop, en die aantal volopbetaalde aktiewe rekeninge wat slegs 40% van die totale aantal rekeninge uitmaak – dus klaar nie `n goeie rekord is nie
- Met `n reeds bestaande kultuur van wanbetaling, onwettige aansluitings wat nie gekontroleer word nie,kabeldiefstal ens verloor ons verder miljoene rande waar die kostes net goedsmoeds na die verbruiker deurgegee word. NERSA behoort dit dringend te oorweeg om `n prominente veldtog te loods met groot strawwe vir oortreders en belonings aan Eskom en munisipaliteite
- Die Raad se finansiele en noodwendig sy sosio-ekonomiese volhoubaarheid kan nadelig hierdeur geraak word
- Die huidige vlak van inflasie en daarmee gepaardgaande verlaging in ekonomiese groei , beteken alreeds dat verbruikers gebuk gaan onder die eskalerende voedsel en brandstofpryse, hoe gaan hulle die verhoging oorleef. Selfs die minder gegoede verbruikers gaan `n ekstra 2,2% moet opdok
- Die Raad se 2 kragstasies sal tot hul maksimum kapasiteit benut moet word, en dit sal lei tot verhoogde steenkool aankope, en addisionele personeelaanstellings om die werk te doen.

Wat beplan Eskom vir die toekoms, en wat is die kans dat die man op straat se grondwetlike regte en sy sak verder aangetas gaan word deur ondeurdagte en onbevoegde besluite en finansiele wanbestuur van sy leiers, Die regering het tydens die jaarlikse begrotingstoespraak R60b aan Eskom beloof, maar voer Eskom aan dat die vereiste 60% verhoging nodig is om `n voordelige kredietgradering te handhaaf, wat hulle dan in staat sal stel om hul kapitale uitbreidingsprogram te befonds deur buitelandse lenings . Standard en Poor het Eskom intussen onder voltydse krediet monitering geplaas, en sal Eskom dus `n Investment Grade- gradering moet kry as hy befondsing deur wereldmarkte wil verseker,

Met die versnelde ekonomiese groei wat Tshwane beleef, sal die Raad gedwing word om onmiddellik `n ooreenkoms met die CEF –Central Energy Funding aan te gaan, sodat volhoubare energiebesparings en DSM (Demand Side Management) projekte geidentifiseer, ontwikkel en geimplimenteer kan word, met befondsing (grants) deur die CEF

Dankie Mnr Die Speaker

Raadslid Adriana Randall
DA Lid – Finansiele Portefulje
083 263 8667