Showing posts with label Pretoria. Show all posts
Showing posts with label Pretoria. Show all posts

Thursday, October 23, 2008

DA uit APS oor swak gemanierde VF+ optrede wat rasse-polarisasie aanblaas.


Die DA is ‘n party vir al die mense van Suid-Afrika. Dit beteken dat die DA die kulturele erfenisse van al die kultuurgroepe in Suid-Afrika hoog ag. Omdat die Afrikaner ook ‘n Suid-Afrikaner is, erken en respekteer die DA die geskiedenis van die Afrikaner wat in die straatname van Pretoria gereflekteer word.
Die DA erken ook dat die kulturele erfenisse van die ander kultuurgroepe wat in Suid-Afrika woon nie genoegsaam verreken is toe die straatname van Pretoria toegeken is nie. Dit is te wyte aan die internasionaal onaanvaarbare beleid van apartheid en rasseskeiding wat onomwonde deur die DA verwerp word. Die DA erken dus dat hierdie fout van die verlede ook in Pretoria reggestel moet word, soos ons leier en Burgemeester van Kaapstad reeds die leiding geneem het en ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel het. Met rustige, beredeneerde feite kan daar vir beide die Afrikanergemeenskap en ander gemeenskappe ‘n wedersyds aanvaarbare wen-wen situasie verkry word.
Die DA het sterk besware teen die wyse waarop hierdie proses deur die ANC-beheerde Tshwane-metroraad aangepak is. Dit is om daardie rede dat die DA en die DA Tshwane-koukus besluit het om by ‘n spontane gemeenskapskonfederasie soos Aksie-Pretoria-Straatname (APS) aan te sluit ten einde die gemeenskap se protes teen die ondeurdagte proses te koördineer. Die DA was dit verskuldig aan die inwoners en belastingbetalers van die Tshwane-metro. Die inwoners se dienste- en belastinggeld sou nie aan verbeterde dienslewering bestee gaan word nie, maar op straatnaamveranderings wat op ‘n ideologiese rasgedrewe manier deur die ANC gedryf word om die onmin in eie partygeledere te probeer heel.
Die DA het ook teen die verslag gestem op 27 September 2007 waarop hierdie “konsultasieproses” i.p.v. “deelnemingsproses” van die ANC geskoei is. Verder het die Hoofsweep van die DA en die koukusleier ‘n dringende mosie op die Tshwane-metroraadsvergadering van 2 Oktober 2008 ingedien, wat deur die Speaker verwys is na die Raadsvergadering van 30 Oktober. Die DA kon dus nie die gebrekkige proses stop nie.
Wyks- en proporsionele raadslede van die DA het in groot getalle al die “konsultasiepogings” van die ANC bygewoon en ook hulle inwoners uitgenooi om , ten spyte van die gebrekkige proses, hulle insette te lewer. Maar die VF+ het besluit om met emosionele rasgedrewe konfrontasie die proses te ontwrig. Hierdie strategie was reeds duidelik toe twee heethoofdige VF+ raadslede weens hulle beledigende, onmanierlike en onbeskaafte optrede uit die raads -vergadering van 2 Oktober verwyder is. Die gemeenskapsvergaderings het dus ontaard in rassistiese konfrontasies tussen wit en swart gemeenskappe, wat die VF+ as rasgebaseerde party uitstekend gepas het. Hulle het dus die saak waarvoor hulle hulle beywer het gekelder, want met die getalle meerderheid kan die ANC uit leedvermaak die name eensydig verander. Die DA kon dus nie verder met ‘n vennoot soos die VF+ in die APS saamwerk nie, nie oor die doel van die APS nie, maar oor die manier van optrede van die VF+.
Die DA doen dus ‘n beroep op die meerderheid demokratiese inwoners van Pretoria om hulle nie deur die ANC en VF+ op ‘n emosionele rasse-konfrontasie te laat lei nie. Die DA stel voor dat die proses van Oktober as ‘n les gesien word hoe om nie openbare deelname te doen nie. Ook dat die proses van selektering van 27 straatname deur die Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuurdepartement nie aan die vereistes van die Grondwet oor Gemeenskapsinsette voldoen nie. Wie gee aan amptenare die reg om lukraak 27 name te selekteer? Hoe kan Kerk- en Zambesistrate aan Kolonialisme en rassisme gekoppel word? Ware openbare deelname beteken dat die gemeenskap die name moet selekteer wat verander moet word en die wat behoue moet bly. Die 27 name wat geselekteer is, is nooit aan kundiges voorgelê nie en die kriteria op grond waarvan hierdie 27 juis gekies is, is nie bekend nie.
Laastens word daar na die persverklaring van Dr. Corné Mulder van 14 Oktober verwys. Die VF+ beskou Afrikanerkiesers as hulle kieserspoel. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat die meerderheid Afrikaners deur die DA verteenwoordig word, soos die tussenverkiesing in wyk 55 in Tshwane-metroraad in Pretoria in Julie aangedui het. Dr. Mulder is verbaas dat die DA by APS aangesluit het. Hy hoef nie verbaas te wees nie, want die DA kyk ook na die Afrikaner se belange. Die DA is getrou aan sy verkiesingsbeloftes en solank die ANC burgemeester en haar komitee nie diens lewer nie, sal ons hulle verantwoordbaar hou om nie geld op straatnaamveranderings te mors nie.
Ons sal egter nie toelaat dat die onbeskofte en onbeskaafde optrede van ‘n eks-vennoot (die VF+) van die DA in die APS die saak waarvoor daar geveg word verongeluk nie. Die DA het dus om daardie rede onttrek van die APS. Maar die DA is geensins uit die veldtog vir name soos die Tshwane-Beeld van 15 Oktober beweer nie. Die DA werk saam met organisasies soos Afriforum, Solidariteit en ander om deur ‘n goeddeurdagte, meer doeltreffende strategie hom te beywer om ‘n wen-wen situasie vir alle inwoners van Pretoria binne die

Thursday, September 18, 2008

Street Name Changes an election Gimmick


MEDIAVERKLARING: RDL. DANIE ERASMUS, DA WOORDVOERDER VIR PLEK EN STRAATNAME :TSHWANE . 12 SEPTEMBER 2008

STRAATNAAMVERANDERING ‘N VERKIESINGSFOEFIE

Die DA betreur die feit dat die ANC beheerde stadsraad van Pretoria onverwags ‘n aankondiging gemaak het oor hul voorneme om die name van 27 strate in Pretoria te verander. Dis goedkoop politiekery met die oog op aanstaande jaar se algemene verkiesing.

Pleks daarvan om dienslewering ‘n prioriteit te maak is kosmetiese veranderings die maklike uitweg – ongelukkig vir die rekening van belasting betalers en ten koste van versoening. Die Schubart park debakel het bewys hoe gebrekkig die raad se verbintenis tot dienslewering is.

Raadslid Natasha Michael, Hoofsweep in die Tshwane DA koukus het gesê dit bewys weereens waar die ANC se prioriteite lê. “ In plaas daarvan om duisende metro polisie lede beskikbaar te stel om misdaad in die stad te beveg, in plaas daarvan om behuising, water en elektrisiteit aan die stad se inwoners te verskaf, verkies die ANC om miljoene rande op naamsveranderinge te spandeer.’ het Michael gesê.

Volgens Rdl Danie Erasmus, DA woordvoerder oor plek- en Straatname sal die DA die proses van openbare deelname noukeurig volg om te verhoed dat die proses gestoomroller word. Inwoners sal aangemoedig word om deel te neem aan die proses. Waar die geskiedenis van die stad in gedrang is behoort name nie verander te word nie.

Waar straatname aanstoot gee, moet daar konsensus wees in die gemeenskap ten opsigte van naamsveranderings.

Die DA wil ook weet of die sake gemeenskap vergoed sal word vir die koste implikasies van straatnaam verandering. Sakekamers word aangemoedig om ‘n behoorlike koste raming te maak vir voorlegging aan die raad in hierdie verband.

Navrae: Rdl . Danie Erasmus ( 082 373 7760)

MEDIA STATEMENT: CLLR DANIE ERASMUS, DA SPOKEPERSON ON PLACE AND STREET NAMES. TSHWANE. 12 SEPTEMBER 2008.

STREETNAME CHANGES AN ELECTION GIMMICK

The DA regrets the fact that the ANC controlled council of Pretoria so unexpectedly announced their intention to change the names of 27 streets in Pretoria. It is seen as an attempt to score cheap political points shortly before next year’s general election.

In stead of making service delivery a priority, cosmetic changes seem to be the easier option – unfortunately for the account of the tax payers and at the cost of reconciliation. The Schubart park debacle proved the Council’s lack of commitment to service delivery.

Councillor Natasha Michael, Chief Whip of the Tshwane Democratic Alliance caucus, said this clearly indicate the ANC’s priorities. “Instead of providing the city with thousands of metro police officials the city so desperately need to fight crime, instead of providing housing, water and electricity to the residents, they prefer to spend millions on name changes.” Michael said.

According to Clr Danie Erasmus, DA spokesperson for place and street names, the DA will closely monitor the process of public participation to avoid the process simply being steam rolled. Residents will be encouraged to participate in the process. Where the history of the city is at stake, name changes should be avoided.

Where street names cause offence, there must be consensus in the community regarding name changes.

The DA would also like to know whether the business community will be compensated for the cost implications of the proposed name changes. Business chambers are encouraged to make a comprehensive cost analysis for presentation to Council in this regard.

Enquiries: Clr Danie Erasmus ( 082 373 7760)

Tuesday, May 27, 2008

DA Calls the Amalgamation of Northern Gauteng Municipalities Unpractical, Non-Viable


Media Release Issued by Fred Nel, Leader DA Tshwane Caucus
Date: Monday 26 May 2008
Immediate release

Fred Nel, Leader of the DA Tshwane Caucus, today reacted to the proposed merger of the Tshwane (Greater Pretoria), Kungwini (Bronkhorstspruit) and Nokeng Tsa Taemane (Cullinan) councils and called it an unpractical and non-viable proposal. “The proposal by the Municipal Demarcation Board that these municipalities be merged is definitely a political decision and not a practical or viable one. It is clear that that due to the political problems in the various municipalities and the threat from the DA to win some of these in the next municipal election has played a role”.


“In our view the Municipal Demarcation Board was influenced by the ANC who was unhappy with the original proposal and it has buckled under the political pressure. There are problems in those municipalities and these could have been sorted out by restructuring the municipal system in those areas. Now it becomes the Tshwane Metro’s problem and the question that we have to ask is who is going to foot the bill to get service delivery restored to these areas said Nel.


Nel commented that the proposal made no sense geographically, economically or socially and will cause massive problems during the merger process. “We have just settled the Tshwane Metro Council’s integration almost eight years after it was formed and now it is going to be disrupted again due to this proposed merger. Service delivery will experience a further decline when this monstrously large municipality has to serve such a large geographic area.”


Nel also commented that millions has been spent by the Tshwane Metro Council to develop spatial development frameworks and to put a uniform planning system in place. “Our administration already creaks under the heavy load and now it will inherit three more councils that are in disarray. This will lead to another process where internal systems will have to be integrated causing further delays in municipal services.”


According to Nel the DA supported the original proposal that would have seen Silver Lakes, Mooikloof and other areas on the eastern urban edge of the Municipality be incorporated into the Metro. “The original proposal made sense as these areas formed natural linkages with the Tshwane Metro. However, the new proposal which will result in at least three major town centres very far apart from each other, does not make sense.”


END
Enquiries: Fred Nel - 0832632427

Monday, April 21, 2008

DA Sê NEE VIR CHIRURG AS ADVISEUR VIR PLEK- EN STRAATNAME


MEDIAVERKLARING DEUR RDL. DANIE ERASMUS, DA WOORDVOERDER OOR OPENBARE PLEK- EN STRAATNAME

20 April 2008. GEEN EMBARGO

Die komitee vir Plek en Straatname het die afgelope Vrydag besluit om ‘n paneel van buite adviseurs aan te stel om soos dit gestel word “die proses van straat naam goedkeuring en die behaling van strategiese doelwitte te bespoedig”.

Dié saak het reeds voor die komitee op 15 Februarie 2008 gedien. Weens ‘n onvolledige verslag en die weglating van kwalifikasies van die kandidate en ‘n aanbeveling wat die DA nie gepas het, dat die komitee geen onderhoude met die kandidate gevoer het m.b.t. kundigheid en kwalifikasies nie.

Toe die ANC besluit het om die saak terug te verwys het die DA versoek om ook die onderhoud sessie by te woon ter wille van goeie regering en deursigtigheid en het versoek dat die aanbeveling heroorweeg word om twee kandidate in te sluit nl. Mnr Sakkie Kotze en prof. Frans-Johan Pretorius. Die besluit was nie vir die ANC aanvaarbaar nie en het ‘n amendement aanvaar dat die voorsitter, rdl. Segabutla sy diskresie kon gebruik om lede van ander partye vir dié doel uit te nooi.

Volgens die verslag is onderhoude met die kandidate op 19 Februarie gevoer sonder dat die voorsitter sy diskresie uitgevoer het. By nadere ondersoek blyk dit dat die kandidate onder die valse indruk gebring is dat hulle reeds aangestel is en dat hulle op 19 Februarie 2008 hulle eerste vergadering bygewoon het.

Die tien kandidate is:
Dr Michiel Durand
Anton Jansen
Dr André Horn
George Khomo
Malaka Mahlatsi
Mpho Mbokazi
Mashite Mogale
Brig. Gen. dr. Johan Pickard
Dr Dioné Prinsloo
Willem Punt

Rdl. Danie Erasmus, die DA woordvoerder oor Openbare Plek- en Straatname het die ANC gekritiseer om sonder ander partye die onderhoude te hou en het aangedui dat die DA nie die kandidate op papier kan beoordeel met weglating van kundigheid en kwalifikasies, soos die aanbeveling gedoen is nie.

Hy het die voorsitter gevra waarom die ANC so gretig is om dr Michiel Durand, ‘n chirurg aan te stel en prof. Frans-Johan Pretorius, ‘n wêreld bekende historikus oor die hoof gesien is. Laasgenoemde is wêreld bekend vir sy navorsing oor Suid-Afrikaanse geskiedenis en die Engelse oorlog. Hy het vandag (Sondag) deelgeneem aan ‘n uur lange program van die Ierse Nasionale Radio oor die Engelse oorlog. Die feit dat dr. Durand nie eers die moeite gedoen het om die onderhoud / vergadering by te woon nie, dui daarop dat hy òf seker is van dié aanstelling òf dat hy as chirurg te besig is in praktyk en dit reeds die aanduiding is dat hy nie die metro se “proses en behaling van strategiese doelwitte sal bespoedig” nie. Die voorsitter, rdl. Segabutla het hom verweer deur te sê dat hy net dit onder die aandag van kandidate wou bring dat hulle as adviseurs nie vir die taak vergoed sal word nie. Slegs die komitee kan die paneel kan aanstel en elke lid moet daardie voorreg gegun word. Die DA het ‘n voorstel van die VF+ gesekondeer dat Dr Durand met prof Pretorius vervang word. Dié amendement is afgestem en die paneel is aanvaar met teëstem van die DA en ander partye. Dit is jammer dat die wysheid van ‘n historikus moes sneuwel voor die van ‘n chirurg.

“Ek het niks teen dr Durand nie. Hy mag waarskynlik ‘n belangstelling hê in plek- en straatname. Die DA sal onverantwoordelik wees om kandidate goed te keur sonder ‘n onderhoud, volledige verslag van elke kandidaat se kwalifikasies, belangstellings en vorige ondervinding. Ek sou ‘n onreg pleeg teenoor die kiesers van die stad om ‘n chirurg as adviseur vir dié doel aan te stel en dan kundige persone soos prof. Pretorius en mnr. Sakkie Kotze oor die hoof te sien. Al rede waaraan ek kan dink waarom die ANC Durand wil aanstel is om gebiede tans sonder straatname na medici en mediese terme te benoem en sy advies te vra oor Röntgen, Colon, Alzheimer, Pinset, Langerhans, Voltaren, Appendix ens.”, het Erasmus gesê

Rld Danie J. Erasmus
DA woordvoerder: Openbare Plek- en Straatname.
Selfoon: 082 373 7760.

Friday, April 11, 2008

Pretoria Disaster Management Disastrous


Persverklaring: Raadslid Clive Napier 11 April 2008
Media Release: Councillor Clive Napier 11 April 2008

The Democratic Alliance (DA) has released an earnest warning that Pretoria is not geared to react in the event should a disaster struck the city tomorrow.
Although the National Disaster Management Framework for the entire country was gazetted in April 2005 already, the Tshwane municipality only has a Municipal Disaster Risk Management Framework in place.
This is only a policy document aimed to ‘ensure an integrated, co-ordinated and uniform approach to disaster risk management in the municipality.’
The next phase that needs to be introduced is a public participation process. When will this commence one may ask, and how long will it take before decisions are taken on who is expected to do what with what means, in which manner to ensure speedy and effective reaction to disastrous events
Councillor (DA) Clive Napier said:” This is a disaster itself. The Tshwane Metro Council clearly doesn’t grasp the gravity of the situation.”
Napier added:” A disaster can strike any suburb at any given time with disastrous consequences.”
Pretoria is a high density city with complex infrastructure features with among other a matrix of road networks carrying heavy traffic with ample incident possibilities. In addition one must bear in mind the air traffic in the sky which constantly poses the possibility of an aircraft plunging to the ground. Over the elements of nature nobody has control and water, fire, wind can instantaneously become man’s worse nightmare.
The DA is calling on the Metro Council to face its responsibility with regard to Disaster Management before it is to late. Prevention is always better than cure.
If proper structures, capable of attending to disasters rapidly, is not put in place soon, the City Council will be culpable if human loss and damage is resulted by a disaster in which ever form.
The DA demands action on this issue and is calling on the ANC lead Council to stop tempting fate.

Councillor Clive Napier (082 827 5578)

Thursday, April 10, 2008

Die Moot Marsjeer vir Wandellaan - 12 April!



Die Demokratiese Alliansie (DA) nooi u uit na ‘n Bewusmakingstaptog in die Moot op Saterdag 12 April 2008.

Die staptog wat op Saterdag 12 April om 08:00 die oggend gehou sal word, word gelei deur die bekende aktrise Elzette Maarschalk van Binnelanders-faam.

Die staptog beoog om die proses te begin om ‘n toerisme-en ontspanningsnodus in die Moot te vestig. Die eerste doelwit is om Breyerlaan in Waverley in ‘n wandellaan te omskep.

Hierdie wandellaan sal die historiese erfenis van onder andere die Magaliesberg vier en weergee. Terselfdetyd sal die wandellaan deur besoekers gebruik kan word vir allerlei onstpanningsaktiwiteite in ‘n veilige en prentjiemooi omgewing.

Navrae: Adriana Randall (083 263 8667)

Tuesday, April 8, 2008

How Do I Calculate My New Property Rate Tax?


There is quite a lot of anxiety about the new property rates taxes that will come into effect on 1 July 2008. However, before you panic we provide you with the formula that the Tshwane Council will use to determine your new monthly property rate tax. Here is what you should do to calculate your property tax.

First, go to http://www.tshwane.gov.za/ to see what your new property valuation is.
Secondly, apply the following formula to calculate your new tax rate.

Your property value - R50 000 X 0,9% - 35% ÷ 12 months = monthly rate

Example for a property valued at R 1 million

(1000 000 - 50 000) X 0,9% - 35% ÷ 12 = R463,13 per month

We hope that you find this information useful and that it provides certainty about your new property tax rate.

Tshwane Raad Mors Geld op Voertuighuur


Persverklaring: Raadslid Adriana Randall. 8 April 2008

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die Tshwane Stadsraad se yslike voertuig huurrekening gekap.

Die geskatte totale koste vir die huur van voertuie vir die periode Augustus 2007 tot Januarie 2008 is ‘n verbysterende R 8 509 362-36, waarvan 91 voertuie toegeken is aan die Landbou en Omgewingsbestuurs departement en 50 vir die Elektrisiteits departement. Die Metro-Polisie departement het slegs 9 voertuie ingevolge hierdie kontrak verkry.

Dit is omdat die Raad nie in staat is om voertuie betyds te bekom voordat langtermynkontrakte verstryk nie. “Dit is duidelik dat die stadsraad se voertuig vlootbestuur en verskrygingseksies nie in staat is om te beplan wanneer hulle weet voertuie moet vervang word nie. Dit blyk die gevolg te wees van onbevoegdheid en ‘n gebrek aan verantwoorbaarheid by die betrokke seksies.” het Raadslid Adriana Randall van die DA gesê.

Die DA bevraagteken dit ernstig of hierdie geld sinvol spandeer is. “ Dit kan eenvoudig nie ‘n koste effektiewe wyse wees om die voertuigvloot van die stadsraad te bestuur nie.” het Randall gesê. Sy het bygevoeg dat hierdie tipe buitensporige uitgawes laat dit voorkom asof die stadsraad hoegenaamd geen tekorte het wat fondse betref nie. “Ons weet almal beter, die raad kan nie sulke huurkontrakte bekostig nie.”

Die DA wil weet watter plan die Raad in plek het om die voertuigvloot behoeftes aan te spreek. Deur die voertuie te huur teen gemelde bedrae kan die stadsraad die voertuie wat benodg word aankoop binne ‘n jaar of twee en miljoene rande in die toekoms spaar.

Die African National Congress (ANC) geleide Raad is die belastingbetalers van Pretoria ‘n verduideliking verskuldig. Inaggenome die infrastruktuur behoeftes van die stad veroordeel die DA sulke spandabelrigheid en maak ‘n beroep op die Raad om sy plan asook ‘n tydtafel vir hoe ‘n koste effektiewe voertuigvloot in stand gehou kan word in die volgende finansiële jaar, bekend te maak.

Daar is ‘n algemene hulpkreet vir beter dienslewering onder al die gemeenskappe van die Tshwane Metropolitaanse stad. Die DA sal aanhou om sulke nie-rassionele finansiële uitgawes te ontbloot. Gesonde finansiële bestuur word vereis vir ‘n goed funksionerende stad. Die DA sal volhard om daarop aan te dring

Die DA beplan om die burgemeester te vra oor die prestasie bonus strukture vir die twee betrokke departemente. “ Die prestasie kontrakte van die bestuurders van daardie departemente moet sekerlik gekoppel wees aan die kern besigheid, naamlik om die voertuigvloot effektief te bestuur en die verkryging van die mees koste effektiewe opsie vir die stadsraad. Ons wil van die burgemeester weet of dit inderdaad so is en of die bestuurders ter sprake gepenaliseer sal word omrede sulke vermorste uitgawes vir die stadsraad aangegaan is.” het Randall gesê.

Raadslid Adriana Randall (083 263 8667)

Tshwane Council Wasting Money on Vehicle Rentals


Press release: Councillor Adriana Randall. 8 April 2008
Persverklaring: Raadslid Adriana Randall. 8 April 2008


The Democratic Alliance (DA) has slammed the Tshwane City Council’s hefty vehicle rental account.

The approximate total cost for vehicle rentals for the period August 2007 until January 2008 is a staggering R 8 509 362-36, of which 91 vehicles were allocated to the Agriculture and Environmental Management department, and 50 to the Electricity department. The Metro Police Department only received 9 vehicles under this vehicle contract.

This is due to the fact that the Council is unable to procure vehicles in time to replace those of which the leases run out. “It is clear that the City Council’s fleet management and procurement sections are unable to plan in advance when they know when vehicles have to be replaced. This seems to be a result of incompetence and a lack of accountability among the respective sections” said Councillor Adriana Randall from the DA.

The DA seriously questions whether this is money wisely spent. “This can simply not be a cost effective way to manage the vehicle fleet of the City Council.” said Randall. She added that this type of extravagant expenditures makes it appear as if the City Council has absolutely no shortage of funds whatsoever. “We all know better, the Council cannot afford these rentals.”

The Democratic Alliance would like to know what plan the Council has in place to address its vehicle fleet needs. By renting vehicles at these costs the Council can buy the needed vehicles within a year or two to save millions in future.

The African National Congress (ANC) lead Council owes the tax and rates payers of Pretoria an answer. Considering the infrastructure needs of the city the DA condemns this type of extravagant spending and calls upon Council to release it’s plan together with a clear timeframe as to how a cost effective vehicle fleet is to be maintained in the next financial year.

There is a general outcry for better service delivery by all the communities of the Tshwane Metropolitan City . The DA will continue to expose such non-rational financial expenditures. Sound financial management is required for a well functioning city. The DA will persist in demanding it from the City Council.

The DA intends to question the mayor about the performance bonus structures for the two departments in question. “Surely the performance contracts of the managers in these departments should be linked to their core business of managing the fleet effectively and procuring the most cost effective options for the City Council. We want to know from the mayor whether this is indeed so and whether the managers in question will be penalized for causing such wasteful expenditure for the City Council” said Randall.

Councillor Adriana Randall (083 263 8667)

Saturday, April 5, 2008

DA Objects to Irregular Council Meetings


Persverklaring: Raadslid Peter Millar. 1 April 2008

Press release: Councillor Peter Millar. 1 April 2008

The Democratic Alliance (DA) seriously questions and objects to the African National Congress’s (ANC’s) stance that the Tshwane Metro Council meet only every second month. By contrast, the Metro Councils of other cities such as Cape Town, Durban, Bloemfontein and Johannesburg understand the logic of meeting once a month.

Being the capital city of South Africa with vast infrastructure, socio-economic and political challenges, the arrangement of meeting only every second month makes no sense. In fact, this arrangement is not conducive to transparent and accountable government in any way what so ever.

A motion was submitted by DA councillor Peter Millar at the Council meeting held on 27 March 2008 calling for council meetings at least once a month.

In the motion that was tabled by Councillor Peter Millar the following was pointed out:
“By meeting every two months there is a delay in making important decisions and retarding development. There is a delay in dealing with and responding to motions, questions, and petitions, thus resulting in a lack of accountability and openness to ordinary citizens, the media, ward committees and other structures in society.”

The ANC was reluctant to accept the motion and referred it instead to the Council’s programming committee for review.

This is not the first time such an appeal was made to the ANC and one wonders how long the ANC will drag their feet on the issue. By meeting only every second month, democracy is not served.

The DA does not accept this tendency to side step the meganisms that were put in place to promote democracy. The DA will continue calling on the ANC to revisit this arrangement. Hopefully, not to many months will slip away before logic replaces selfish political rhetoric.


Councillor Peter Millar
082 574 4103

Thursday, April 3, 2008

Tshwane Beeld Artikel oor Eiendomsbelasting - Regstelling


Persverklaring: Raadslid Natasha Michael, Hoofsweep DA Tshwane Koukus. 2 April 2008

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Tshwane Metro Raad het met teleurstelling gereageer op die artikel wat in die Tshwane Beeld van 2 April 2008 verskyn het.
Rdl Natasha Michael, hoofsweep in die raad het gesê dat die artikel nie die bedoeling van die beleid aandui nie. Ook is die standpunte van die DA in hierdie verband nie korrek aangedui nie. Michael het verwys na die stelling wat gemaak word dat ‘n interne omsendskrywe deur die koukus leier, Fred Nel, uitgestuur is waarin aangedui word dat tariewe in sekere gevalle met 600% kan styg.
“ Rdl Nel het ‘n interne memo uitgestuur waarin hy bloot verskeie scenarios uitwys wat deur ons as raadslede ondersoek moes word. Hierdie scenario’s is ondersoek om te verseker dat ons te alle tye in die beste belang van ons kiesers optree. Uiteindelik, toe ons ‘n finale kopie van die beleid ontvang het, was ons aangenaam verras om te sien dat nie een van die moontlike slegte scenario’s gerealiseer het nie, en dat dit ‘n regverdige en aanvaarbare beleid was.” het Michael gesê.
“Die Vryheids Front + (VF+) is weereens besig om die publiek te mislei deur op onnodige en onprofessionele wyse te probeer om kiesers bang te maak deur halwe waarhede aan hulle te bied. Interessant is om kennis te neem dat die VF+ slegs een setel het op die Finansies portefeulje komitee. Dit is ook interessant dat die VF+ lid, dit is Rdl Cornelius Janse Van Rensburg, van die laaste sewe vergaderings slegs drie vergaderings bygewoon het. Hy was nie by die vergaderings van 11 Maart 2008, 6 Maart 2008, 11 Januarie 2008 of die vergadering van 25 Oktober 2007 nie. Eerlikwaar, hoe kan mens verwag dat hy sal weet wat aangaan rakende die beleid as hy vergaderings wat die beleid bespreek, misloop!
Ons het ons eie bekommernisse gehad oor die beleid, maar na deeglike berekening en oorweging was ons tevrede dat die beleid regverdig was.
Wat verstaan moet word is dat in gevalle waar waardasies aansienlik onder markwaarde was, sulke tariewe natuurlik sal verhoog. Hierdie toedrag van sake is net logies, maar selfs in sulke gevalle is dit nie naastenby so drasties as wat die VF+ voorgee nie.
Sovêr dit die DA betref is die beleid regverdig en ons is gelukkig daarmee. Ons leef in ‘n mark gedrewe ekonomie, en dit is daarom verstaanbaar dat tariewe in die meer eksklusiewe woonbuurte hoër sal wees as tariewe in minder eksklusiewe woonbuurte want die erwe is meer werd.
Hierdie is nie net ‘n Suid-Afrikaanse verskynsel nie, dit gebeur regoor die wêreld.” het Michael verduidelik.


Raadslid Natasha Michael
Hoofsweep DA Tshwane Koukus
083 282 0668

The FF+ is Misleading Pretoria Residents


The Freedom Front, by way of a press statements issued on Friday 28 March and Monday 31 March, alleges that the Democratic Alliance supports ANC policy in the Tshwane Council that will bring low cost housing to parks in our wards. The FF is misleading residents on purpose. Here are the facts.

- The DA did not support such a policy as can be seen from the minutes of the Tshwane Council on 2 August 2007. The DA voted against this policy.
- This policy does not propose the use of park or recreational spaces for any form of housing at all.

“The DA is very disappointed with the FF’s tactic to use lies to further its own cause. It will benefit everybody if the FF followed the DA’s example in fighting the abuse of power by the ANC rather than dividing the opposition. The DA’s use of questions and motions constructively promotes the interests of residents in the Council while the FF uses cheap politics for its own benefit!” said Fred Nel leader of the DA in the Tshwane Council.

According to Nel the DA is considering legal action against the FF for its false statement and called on the FF to further its own cause in an honest manner. “We will be writing to them today demanding an apology and a withdrawal of their statement which is clearly without any substance. We are also concerned that it has become so easy for them to have their misleading statements published in the media as fact.”
The DA expressed the wish that this would now clear this matter and put it to rest.

Property Rates - Check the Value of Your Property!




The Tshwane Municipality has published its estimated property values for all properties in the municipality for inspection.
The new property rates system levies your monthly property rates on the market value of your full property (i.e. stand and improvements).
Make sure the valuation of your property is accurate by inspecting the draft valuation roll to make sure you don’t pay too much property tax from 1 July 2008.

If you want to lodge an objection to your property valuation please remember:
- No objection will be considered unless it is lodged on the prescribed form and submitted on/ before 30 April 2008.
- Only original forms will be considered.
- Lodging an objection will not defer liability for the payment of your rates.

Also note that all properties are valued on market value and if your valuation is correct or less than market value it would serve no purpose to lodge an objection to the value of your property.

Click on the brochure posted here for more information on how and where you can check your property's municipal valuation.