Showing posts with label straatname. Show all posts
Showing posts with label straatname. Show all posts

Thursday, October 23, 2008

DA uit APS oor swak gemanierde VF+ optrede wat rasse-polarisasie aanblaas.


Die DA is ‘n party vir al die mense van Suid-Afrika. Dit beteken dat die DA die kulturele erfenisse van al die kultuurgroepe in Suid-Afrika hoog ag. Omdat die Afrikaner ook ‘n Suid-Afrikaner is, erken en respekteer die DA die geskiedenis van die Afrikaner wat in die straatname van Pretoria gereflekteer word.
Die DA erken ook dat die kulturele erfenisse van die ander kultuurgroepe wat in Suid-Afrika woon nie genoegsaam verreken is toe die straatname van Pretoria toegeken is nie. Dit is te wyte aan die internasionaal onaanvaarbare beleid van apartheid en rasseskeiding wat onomwonde deur die DA verwerp word. Die DA erken dus dat hierdie fout van die verlede ook in Pretoria reggestel moet word, soos ons leier en Burgemeester van Kaapstad reeds die leiding geneem het en ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel het. Met rustige, beredeneerde feite kan daar vir beide die Afrikanergemeenskap en ander gemeenskappe ‘n wedersyds aanvaarbare wen-wen situasie verkry word.
Die DA het sterk besware teen die wyse waarop hierdie proses deur die ANC-beheerde Tshwane-metroraad aangepak is. Dit is om daardie rede dat die DA en die DA Tshwane-koukus besluit het om by ‘n spontane gemeenskapskonfederasie soos Aksie-Pretoria-Straatname (APS) aan te sluit ten einde die gemeenskap se protes teen die ondeurdagte proses te koördineer. Die DA was dit verskuldig aan die inwoners en belastingbetalers van die Tshwane-metro. Die inwoners se dienste- en belastinggeld sou nie aan verbeterde dienslewering bestee gaan word nie, maar op straatnaamveranderings wat op ‘n ideologiese rasgedrewe manier deur die ANC gedryf word om die onmin in eie partygeledere te probeer heel.
Die DA het ook teen die verslag gestem op 27 September 2007 waarop hierdie “konsultasieproses” i.p.v. “deelnemingsproses” van die ANC geskoei is. Verder het die Hoofsweep van die DA en die koukusleier ‘n dringende mosie op die Tshwane-metroraadsvergadering van 2 Oktober 2008 ingedien, wat deur die Speaker verwys is na die Raadsvergadering van 30 Oktober. Die DA kon dus nie die gebrekkige proses stop nie.
Wyks- en proporsionele raadslede van die DA het in groot getalle al die “konsultasiepogings” van die ANC bygewoon en ook hulle inwoners uitgenooi om , ten spyte van die gebrekkige proses, hulle insette te lewer. Maar die VF+ het besluit om met emosionele rasgedrewe konfrontasie die proses te ontwrig. Hierdie strategie was reeds duidelik toe twee heethoofdige VF+ raadslede weens hulle beledigende, onmanierlike en onbeskaafte optrede uit die raads -vergadering van 2 Oktober verwyder is. Die gemeenskapsvergaderings het dus ontaard in rassistiese konfrontasies tussen wit en swart gemeenskappe, wat die VF+ as rasgebaseerde party uitstekend gepas het. Hulle het dus die saak waarvoor hulle hulle beywer het gekelder, want met die getalle meerderheid kan die ANC uit leedvermaak die name eensydig verander. Die DA kon dus nie verder met ‘n vennoot soos die VF+ in die APS saamwerk nie, nie oor die doel van die APS nie, maar oor die manier van optrede van die VF+.
Die DA doen dus ‘n beroep op die meerderheid demokratiese inwoners van Pretoria om hulle nie deur die ANC en VF+ op ‘n emosionele rasse-konfrontasie te laat lei nie. Die DA stel voor dat die proses van Oktober as ‘n les gesien word hoe om nie openbare deelname te doen nie. Ook dat die proses van selektering van 27 straatname deur die Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuurdepartement nie aan die vereistes van die Grondwet oor Gemeenskapsinsette voldoen nie. Wie gee aan amptenare die reg om lukraak 27 name te selekteer? Hoe kan Kerk- en Zambesistrate aan Kolonialisme en rassisme gekoppel word? Ware openbare deelname beteken dat die gemeenskap die name moet selekteer wat verander moet word en die wat behoue moet bly. Die 27 name wat geselekteer is, is nooit aan kundiges voorgelê nie en die kriteria op grond waarvan hierdie 27 juis gekies is, is nie bekend nie.
Laastens word daar na die persverklaring van Dr. Corné Mulder van 14 Oktober verwys. Die VF+ beskou Afrikanerkiesers as hulle kieserspoel. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat die meerderheid Afrikaners deur die DA verteenwoordig word, soos die tussenverkiesing in wyk 55 in Tshwane-metroraad in Pretoria in Julie aangedui het. Dr. Mulder is verbaas dat die DA by APS aangesluit het. Hy hoef nie verbaas te wees nie, want die DA kyk ook na die Afrikaner se belange. Die DA is getrou aan sy verkiesingsbeloftes en solank die ANC burgemeester en haar komitee nie diens lewer nie, sal ons hulle verantwoordbaar hou om nie geld op straatnaamveranderings te mors nie.
Ons sal egter nie toelaat dat die onbeskofte en onbeskaafde optrede van ‘n eks-vennoot (die VF+) van die DA in die APS die saak waarvoor daar geveg word verongeluk nie. Die DA het dus om daardie rede onttrek van die APS. Maar die DA is geensins uit die veldtog vir name soos die Tshwane-Beeld van 15 Oktober beweer nie. Die DA werk saam met organisasies soos Afriforum, Solidariteit en ander om deur ‘n goeddeurdagte, meer doeltreffende strategie hom te beywer om ‘n wen-wen situasie vir alle inwoners van Pretoria binne die

Thursday, September 18, 2008

Street Name Changes an election Gimmick


MEDIAVERKLARING: RDL. DANIE ERASMUS, DA WOORDVOERDER VIR PLEK EN STRAATNAME :TSHWANE . 12 SEPTEMBER 2008

STRAATNAAMVERANDERING ‘N VERKIESINGSFOEFIE

Die DA betreur die feit dat die ANC beheerde stadsraad van Pretoria onverwags ‘n aankondiging gemaak het oor hul voorneme om die name van 27 strate in Pretoria te verander. Dis goedkoop politiekery met die oog op aanstaande jaar se algemene verkiesing.

Pleks daarvan om dienslewering ‘n prioriteit te maak is kosmetiese veranderings die maklike uitweg – ongelukkig vir die rekening van belasting betalers en ten koste van versoening. Die Schubart park debakel het bewys hoe gebrekkig die raad se verbintenis tot dienslewering is.

Raadslid Natasha Michael, Hoofsweep in die Tshwane DA koukus het gesê dit bewys weereens waar die ANC se prioriteite lê. “ In plaas daarvan om duisende metro polisie lede beskikbaar te stel om misdaad in die stad te beveg, in plaas daarvan om behuising, water en elektrisiteit aan die stad se inwoners te verskaf, verkies die ANC om miljoene rande op naamsveranderinge te spandeer.’ het Michael gesê.

Volgens Rdl Danie Erasmus, DA woordvoerder oor plek- en Straatname sal die DA die proses van openbare deelname noukeurig volg om te verhoed dat die proses gestoomroller word. Inwoners sal aangemoedig word om deel te neem aan die proses. Waar die geskiedenis van die stad in gedrang is behoort name nie verander te word nie.

Waar straatname aanstoot gee, moet daar konsensus wees in die gemeenskap ten opsigte van naamsveranderings.

Die DA wil ook weet of die sake gemeenskap vergoed sal word vir die koste implikasies van straatnaam verandering. Sakekamers word aangemoedig om ‘n behoorlike koste raming te maak vir voorlegging aan die raad in hierdie verband.

Navrae: Rdl . Danie Erasmus ( 082 373 7760)

MEDIA STATEMENT: CLLR DANIE ERASMUS, DA SPOKEPERSON ON PLACE AND STREET NAMES. TSHWANE. 12 SEPTEMBER 2008.

STREETNAME CHANGES AN ELECTION GIMMICK

The DA regrets the fact that the ANC controlled council of Pretoria so unexpectedly announced their intention to change the names of 27 streets in Pretoria. It is seen as an attempt to score cheap political points shortly before next year’s general election.

In stead of making service delivery a priority, cosmetic changes seem to be the easier option – unfortunately for the account of the tax payers and at the cost of reconciliation. The Schubart park debacle proved the Council’s lack of commitment to service delivery.

Councillor Natasha Michael, Chief Whip of the Tshwane Democratic Alliance caucus, said this clearly indicate the ANC’s priorities. “Instead of providing the city with thousands of metro police officials the city so desperately need to fight crime, instead of providing housing, water and electricity to the residents, they prefer to spend millions on name changes.” Michael said.

According to Clr Danie Erasmus, DA spokesperson for place and street names, the DA will closely monitor the process of public participation to avoid the process simply being steam rolled. Residents will be encouraged to participate in the process. Where the history of the city is at stake, name changes should be avoided.

Where street names cause offence, there must be consensus in the community regarding name changes.

The DA would also like to know whether the business community will be compensated for the cost implications of the proposed name changes. Business chambers are encouraged to make a comprehensive cost analysis for presentation to Council in this regard.

Enquiries: Clr Danie Erasmus ( 082 373 7760)

Monday, April 21, 2008

DA Sê NEE VIR CHIRURG AS ADVISEUR VIR PLEK- EN STRAATNAME


MEDIAVERKLARING DEUR RDL. DANIE ERASMUS, DA WOORDVOERDER OOR OPENBARE PLEK- EN STRAATNAME

20 April 2008. GEEN EMBARGO

Die komitee vir Plek en Straatname het die afgelope Vrydag besluit om ‘n paneel van buite adviseurs aan te stel om soos dit gestel word “die proses van straat naam goedkeuring en die behaling van strategiese doelwitte te bespoedig”.

Dié saak het reeds voor die komitee op 15 Februarie 2008 gedien. Weens ‘n onvolledige verslag en die weglating van kwalifikasies van die kandidate en ‘n aanbeveling wat die DA nie gepas het, dat die komitee geen onderhoude met die kandidate gevoer het m.b.t. kundigheid en kwalifikasies nie.

Toe die ANC besluit het om die saak terug te verwys het die DA versoek om ook die onderhoud sessie by te woon ter wille van goeie regering en deursigtigheid en het versoek dat die aanbeveling heroorweeg word om twee kandidate in te sluit nl. Mnr Sakkie Kotze en prof. Frans-Johan Pretorius. Die besluit was nie vir die ANC aanvaarbaar nie en het ‘n amendement aanvaar dat die voorsitter, rdl. Segabutla sy diskresie kon gebruik om lede van ander partye vir dié doel uit te nooi.

Volgens die verslag is onderhoude met die kandidate op 19 Februarie gevoer sonder dat die voorsitter sy diskresie uitgevoer het. By nadere ondersoek blyk dit dat die kandidate onder die valse indruk gebring is dat hulle reeds aangestel is en dat hulle op 19 Februarie 2008 hulle eerste vergadering bygewoon het.

Die tien kandidate is:
Dr Michiel Durand
Anton Jansen
Dr André Horn
George Khomo
Malaka Mahlatsi
Mpho Mbokazi
Mashite Mogale
Brig. Gen. dr. Johan Pickard
Dr Dioné Prinsloo
Willem Punt

Rdl. Danie Erasmus, die DA woordvoerder oor Openbare Plek- en Straatname het die ANC gekritiseer om sonder ander partye die onderhoude te hou en het aangedui dat die DA nie die kandidate op papier kan beoordeel met weglating van kundigheid en kwalifikasies, soos die aanbeveling gedoen is nie.

Hy het die voorsitter gevra waarom die ANC so gretig is om dr Michiel Durand, ‘n chirurg aan te stel en prof. Frans-Johan Pretorius, ‘n wêreld bekende historikus oor die hoof gesien is. Laasgenoemde is wêreld bekend vir sy navorsing oor Suid-Afrikaanse geskiedenis en die Engelse oorlog. Hy het vandag (Sondag) deelgeneem aan ‘n uur lange program van die Ierse Nasionale Radio oor die Engelse oorlog. Die feit dat dr. Durand nie eers die moeite gedoen het om die onderhoud / vergadering by te woon nie, dui daarop dat hy òf seker is van dié aanstelling òf dat hy as chirurg te besig is in praktyk en dit reeds die aanduiding is dat hy nie die metro se “proses en behaling van strategiese doelwitte sal bespoedig” nie. Die voorsitter, rdl. Segabutla het hom verweer deur te sê dat hy net dit onder die aandag van kandidate wou bring dat hulle as adviseurs nie vir die taak vergoed sal word nie. Slegs die komitee kan die paneel kan aanstel en elke lid moet daardie voorreg gegun word. Die DA het ‘n voorstel van die VF+ gesekondeer dat Dr Durand met prof Pretorius vervang word. Dié amendement is afgestem en die paneel is aanvaar met teëstem van die DA en ander partye. Dit is jammer dat die wysheid van ‘n historikus moes sneuwel voor die van ‘n chirurg.

“Ek het niks teen dr Durand nie. Hy mag waarskynlik ‘n belangstelling hê in plek- en straatname. Die DA sal onverantwoordelik wees om kandidate goed te keur sonder ‘n onderhoud, volledige verslag van elke kandidaat se kwalifikasies, belangstellings en vorige ondervinding. Ek sou ‘n onreg pleeg teenoor die kiesers van die stad om ‘n chirurg as adviseur vir dié doel aan te stel en dan kundige persone soos prof. Pretorius en mnr. Sakkie Kotze oor die hoof te sien. Al rede waaraan ek kan dink waarom die ANC Durand wil aanstel is om gebiede tans sonder straatname na medici en mediese terme te benoem en sy advies te vra oor Röntgen, Colon, Alzheimer, Pinset, Langerhans, Voltaren, Appendix ens.”, het Erasmus gesê

Rld Danie J. Erasmus
DA woordvoerder: Openbare Plek- en Straatname.
Selfoon: 082 373 7760.