Thursday, October 23, 2008

DA uit APS oor swak gemanierde VF+ optrede wat rasse-polarisasie aanblaas.


Die DA is ‘n party vir al die mense van Suid-Afrika. Dit beteken dat die DA die kulturele erfenisse van al die kultuurgroepe in Suid-Afrika hoog ag. Omdat die Afrikaner ook ‘n Suid-Afrikaner is, erken en respekteer die DA die geskiedenis van die Afrikaner wat in die straatname van Pretoria gereflekteer word.
Die DA erken ook dat die kulturele erfenisse van die ander kultuurgroepe wat in Suid-Afrika woon nie genoegsaam verreken is toe die straatname van Pretoria toegeken is nie. Dit is te wyte aan die internasionaal onaanvaarbare beleid van apartheid en rasseskeiding wat onomwonde deur die DA verwerp word. Die DA erken dus dat hierdie fout van die verlede ook in Pretoria reggestel moet word, soos ons leier en Burgemeester van Kaapstad reeds die leiding geneem het en ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel het. Met rustige, beredeneerde feite kan daar vir beide die Afrikanergemeenskap en ander gemeenskappe ‘n wedersyds aanvaarbare wen-wen situasie verkry word.
Die DA het sterk besware teen die wyse waarop hierdie proses deur die ANC-beheerde Tshwane-metroraad aangepak is. Dit is om daardie rede dat die DA en die DA Tshwane-koukus besluit het om by ‘n spontane gemeenskapskonfederasie soos Aksie-Pretoria-Straatname (APS) aan te sluit ten einde die gemeenskap se protes teen die ondeurdagte proses te koördineer. Die DA was dit verskuldig aan die inwoners en belastingbetalers van die Tshwane-metro. Die inwoners se dienste- en belastinggeld sou nie aan verbeterde dienslewering bestee gaan word nie, maar op straatnaamveranderings wat op ‘n ideologiese rasgedrewe manier deur die ANC gedryf word om die onmin in eie partygeledere te probeer heel.
Die DA het ook teen die verslag gestem op 27 September 2007 waarop hierdie “konsultasieproses” i.p.v. “deelnemingsproses” van die ANC geskoei is. Verder het die Hoofsweep van die DA en die koukusleier ‘n dringende mosie op die Tshwane-metroraadsvergadering van 2 Oktober 2008 ingedien, wat deur die Speaker verwys is na die Raadsvergadering van 30 Oktober. Die DA kon dus nie die gebrekkige proses stop nie.
Wyks- en proporsionele raadslede van die DA het in groot getalle al die “konsultasiepogings” van die ANC bygewoon en ook hulle inwoners uitgenooi om , ten spyte van die gebrekkige proses, hulle insette te lewer. Maar die VF+ het besluit om met emosionele rasgedrewe konfrontasie die proses te ontwrig. Hierdie strategie was reeds duidelik toe twee heethoofdige VF+ raadslede weens hulle beledigende, onmanierlike en onbeskaafte optrede uit die raads -vergadering van 2 Oktober verwyder is. Die gemeenskapsvergaderings het dus ontaard in rassistiese konfrontasies tussen wit en swart gemeenskappe, wat die VF+ as rasgebaseerde party uitstekend gepas het. Hulle het dus die saak waarvoor hulle hulle beywer het gekelder, want met die getalle meerderheid kan die ANC uit leedvermaak die name eensydig verander. Die DA kon dus nie verder met ‘n vennoot soos die VF+ in die APS saamwerk nie, nie oor die doel van die APS nie, maar oor die manier van optrede van die VF+.
Die DA doen dus ‘n beroep op die meerderheid demokratiese inwoners van Pretoria om hulle nie deur die ANC en VF+ op ‘n emosionele rasse-konfrontasie te laat lei nie. Die DA stel voor dat die proses van Oktober as ‘n les gesien word hoe om nie openbare deelname te doen nie. Ook dat die proses van selektering van 27 straatname deur die Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuurdepartement nie aan die vereistes van die Grondwet oor Gemeenskapsinsette voldoen nie. Wie gee aan amptenare die reg om lukraak 27 name te selekteer? Hoe kan Kerk- en Zambesistrate aan Kolonialisme en rassisme gekoppel word? Ware openbare deelname beteken dat die gemeenskap die name moet selekteer wat verander moet word en die wat behoue moet bly. Die 27 name wat geselekteer is, is nooit aan kundiges voorgelê nie en die kriteria op grond waarvan hierdie 27 juis gekies is, is nie bekend nie.
Laastens word daar na die persverklaring van Dr. Corné Mulder van 14 Oktober verwys. Die VF+ beskou Afrikanerkiesers as hulle kieserspoel. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat die meerderheid Afrikaners deur die DA verteenwoordig word, soos die tussenverkiesing in wyk 55 in Tshwane-metroraad in Pretoria in Julie aangedui het. Dr. Mulder is verbaas dat die DA by APS aangesluit het. Hy hoef nie verbaas te wees nie, want die DA kyk ook na die Afrikaner se belange. Die DA is getrou aan sy verkiesingsbeloftes en solank die ANC burgemeester en haar komitee nie diens lewer nie, sal ons hulle verantwoordbaar hou om nie geld op straatnaamveranderings te mors nie.
Ons sal egter nie toelaat dat die onbeskofte en onbeskaafde optrede van ‘n eks-vennoot (die VF+) van die DA in die APS die saak waarvoor daar geveg word verongeluk nie. Die DA het dus om daardie rede onttrek van die APS. Maar die DA is geensins uit die veldtog vir name soos die Tshwane-Beeld van 15 Oktober beweer nie. Die DA werk saam met organisasies soos Afriforum, Solidariteit en ander om deur ‘n goeddeurdagte, meer doeltreffende strategie hom te beywer om ‘n wen-wen situasie vir alle inwoners van Pretoria binne die

No comments: