Monday, February 2, 2009

DA Speeches in Council 29 January 2009: FIFA 2010 Soccer World Cup


SPEECH BY CLLR JOHAN WELMANS


FIFA 2010 Soccer World Cup


Meneer die Speaker, die DA is baie bekommerd oor hierdie verslag want hierdie verslag en vorige verklarings van die Burgermeester oor die vordering met die 2010 FIFA Wereldbeker oefen stadions soos die HM Pitje Stadion in Mamelodi, stem nie ooreen met wat ons portfeulje komitee onlangs toe ons die Stadion besoek het nie daar aanskou het nie.

Die verslag noem wel dat die stadion nou eers 25% voltooi is, en as in ag geneem word dat daar reeds November 2007 daarmee begin was en einde Februarie 2009 voltooi moes wees, sal daar nou dag en nag daaraan gewerk moet word as ons dit vir die FIFA Wereld Beker oor 496 dae as oefen stadion wil gebruik.
Met ons Portfeulje komitee besoek aan die stadion in November 2008 het ons gevind dat daar ga-os heers op die terrein en dat kontrakteurs geskitter het in hul afwesigheid as gevolg van berugte van wanbetaling of geen betaling deur die Gauteng Provinsie wat verantwoordelik is vir betaling van die stadion.

Meneer die Speaker, dit help nie ons beskuldig die Gauteng Provinsie wat daarvoor verantwoordelik is nie , dit is die Tshwane Raad en die Bugermeester wat met rooi gesigte gaan sit, en nie die Provinsie nie. Die DA stel nou voor dat die HM Pitje Stadion se vordering nou geevalueer moet word deur ‘n groep onafhanklike boubestuur deskundiges en as dit enigsins blyk dat die stadion nie betyds voltooi sal wees nie, die Raad dit sal onttrek as oefen stadion vir die FIFA Wereld Beker.

Daar sal ook gekyk moet word na die ander betrokke stadions veral met die oog op die Konfederasie Beker wat eersdaags so gou as in Junie 2009 plaasvind.

Die DA vind dit onaanvaarbaar dat daar nog nie ‘n verslag in hierdie Raad oor die program en betrokkenheid van Tshwane by die Konfederasie Beker verskyn het nie. Ons wil weet waar die drie toegekende wedstryde gaan plaasvind, en is daar finansieele komplikasies vir die Raad en gaan daar van die oefen stadions ook gebruik gemaak word.

Ons eis dat daar so ‘n verslag spoedig na die Raad toe moet kom en dat die Burgermeester en haar komitee nou moet wakker skrik.


Die ANC se uurglas is besig om uit te loop en dit is net die DA wat hierdie mooi stad van ons met verantwoordelikheid sal kan bestuur.

Raadslid Johan Welmans
DA Sportwoordvoerder.
(072 617 9197)

No comments: