Thursday, October 7, 2010

METROPOLISIE SE AANSTELLINGS EN OPLEIDING MOET DRINGEND HERSIEN WORD

Die DEMOKRATIESE ALLIANSIE ondersteun die kommentare van die Instituut van Sekerheidstudie (ISS) dat die persepsie van metropolisielede verander moet word. Die DA verwelkom ook die feit dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek gaan instel na die gedrag van Metropolisielede.

Die DA het juis in Mei-maand ’n dringende mosie by die Raad ingedien na aanleiding van informasie wat ons bekom het wat blyk dat ten minste 22% van die totale Metropolisie lede van Tshwane of reeds skuldig bevind is; of verhoorafwagtend is of wag vir dissiplinere verhore. Dit is ’n duidelike bewys van die totale verval van ons stad se wetstoepassing.

Om hierdie ernstige probleem te adresseer asook verdere verval te stop, moet jy egter by die begin begin, met ander woorde, by aanstelllings. Dit is duidelik dat die standaard prosedures wat by aanstellings gebruik word vir Metropolisielede veel te wense oorlaat. Met aanstellings van Metropolisielede word kandidate blootgestel aan onderhoude, fisiese toetse asook psigometriese toetse. Psigometriese toetse is versonderstel om te bepaal of ’n persoon ’n posisie kan of wil misbruik. Duidelik is hierdie toetste nie streng genoeg om potensiele kriminele gedrag uit te sluit nie.

Nadat ’n persoon aangestel is vind opleiding plaas wat etiese gedrag insluit. Weereens is dit duidelik dat hierdie proses nie goed genoeg nie en laat dit geen ander opsie as om die hele proses te heruvalueer en dus moet dit deeglik ondersoek word.

As dit bewys kan word dat die persone wat veronderstel is om ons te beskerm, dit nie kan doen nie as gevolg van onbevoegdheid en in sommige gevalle, kriminele gedrag, is dit ’n geval van regsveranwoordelikheid. Dit beteken dat die Stadsraad verantwoordelik gehou word in ’n hof. Ons as inwoners kan nie bekostig om te sit met Metropolisielede wat ons nie kan vertrou nie. Enige amptenaar skuldig aan kriminele gedrag moes in die eerste plek nie aangestel word nie. Indien die situasie ontstaan het terwyl hy ’n amptenaar was, moet die Raad hom onmiddellik afdank.

Die Stadsraad doen niemand ’n guns deur hierdie groeiende situasie nie in ’n ernstige lig te beskou of om slegs ’n interne ondersoek te loods nie, inteendeel, deur die probleem nie korrek aan te spreek nie sal op die ou end van die dag beteken dat ons die hele departement moet sluit. Wetsoortreders kan nie wetstoepassers ook wees nie, dit is so eenvoudig soos dit!

Die DA is dus oortuig die enigste werkbare oplossing sal wees om die hele proses van evaluasie en opleiding van amptenare strenger te maak. Vir hierdie rede het ons dus ’n dringende mosie in die Mei Raadsvergadering ingedien waarin ons die volgende gevra het:
• Die evaluasieproses van potensiele Metropolisie amptenare ondersoek en herevalueer word;
• Die opleidingsproses van die Metropolisie amptenare ondersoek en herevalueer word;
• Dat konstante evaluasie en opleiding elke ses maande geskied.

Ongelukkig het die Speaker van die Raad besluit dat dit volgens hom “onprakties” is en is die mosie dus nie toegelaat nie. Die DA aanvaar egter nie die traak-my-nie-agtige houding van die ANC-beheerde Raad nie en sal aanhou baklei vir die proses om te verander.

No comments: