Showing posts with label mmutle. community safety. Show all posts
Showing posts with label mmutle. community safety. Show all posts

Thursday, September 4, 2008

Bad Start for Mmutle


Persverklaring: Wyksraadslid Karen Meyer, DA Woordvoerder: Gemeenskapsveiligheid en Nooddienste, Tshwane. 4 September 2008

‘n Slegte begin vir Kommissaris Mmutle

Dit is nie vir die Demokratiese Alliansie (DA) ‘n verrassing dat die heraangestelde Kommissaris Mpho Mmutle vroeg reeds met sy ou streke begin nie.

Die feit dat Mmutle nie die riglyne volg om van beskikbare sekretaresse gebruik te maak nie en sy vorige sekretaresse van Atteridgevile saam bring, bevestig die feit dat hy hom nie steur aan die konvensies en riglyne van die raad nie.

Die DA het by verskeie geleenthede gewaarsku teen die aanstelling omdat Mmutle se reputasie in die teken van kontroversie staan en dit nie bevordelik vir sy pos is nie.

Die DA veroordeel sy blatante toepassing van nepotisme. “ Kommissaris Mmutle se arrogante bestuurstyl voorspel niks goeds nie en die raad gaan nog spyt wees oor sy heraanstelling.” het raadslid Karen Meyer gese. “ Dit is ongelukkig die publiek wat die prys betaal vir Mmutle se stommiteite omdat hy nie waarde toevoeg tot sy pos as hoof van Gemeenskapsveiligheid nie.” het Meyer bygevoeg.

Kommissaris Mmutle het in ‘n vorige media onderhoud gevra om ‘n kans gegun te word. Hierdie is ‘n slegte begin vir iemand wat sy kritici verkeerd wil bewys.

Raadslid Karen Meyer
DA Woordvoerder: Gemeenskapsveiligheid en Nooddienste
082 373 7662

Press release: Ward Councillor Karen Meyer, DA Spokesperson: Community Safety and Emergency Services, Tshwane. 4 September 2008

A bad start for Commissioner Mmutle

The fact that the re-appointed Commissioner Mpho Mmutle is already living up to his old tricks does not surprise the Democratic Alliance (DA).

By not aligning himself to Council conventions and guidelines to use available secretaries , but rather bring with him his former secretary from Atteridgeville, confirms his unwillingness to abide to Council prescriptions.

The DA on various occasions warned against his re-appointment due to the fact that his reputation is one of controversy and not conducive for his post.

The DA condemns his blatant nepotism. “ Commissioner Mmutle’s arrogant management style doesn’t predicts anything good and Council will surely regret his re-appointment.” Councillor Karen Meyer said. “ It is unfortunately the public who must pay the price for Mmutle’s blunders and that he does not add value to his post as head of Community Safety.” Meyer added.

In a recent media interview Commissioner Mmutle asked to be granted a second chance. This is a bad start for someone who wants to prove his critics wrong.

Councillor Karen Meyer
DA Spokesperson: Community Safety and Emergency Services
082 373 7662

Thursday, June 19, 2008

Mmutle: a political appointment without benefit for the city


Persverklaring: Wyksraadslid Karen Meyer, DA Woorvoerder: Gemeenskapsveiligheid en Nooddienste, Tshwane. 19 Junie 2008

Mmutle: ‘n politieke aanstelling sonder voordeel vir die stad

Die Demokratiese Alliansie het met skok kennis geneem dat die ANC beheerde raad voortgegaan het met die kontroversiële aanstelling van Kommissaris Mpho Mmutle as hoof van die Tshwane Metro Polisie. Dit kom na herhaalde waarskuwings deur die DA dat hierdie nie ‘n gewensde aanstelling is nie.

Dit is duidelik dat politiek belangriker is as effektiewe dienslewering en produktiwiteit. Hierdie aanstelling voeg nie ‘n waarde by tot die Gemeenskapsveiligheid Department nie, ‘n department wat juis nou bekwame bestuur en leiding benodig om effektiewe dienslewering te verseker.

Mmutle is in Desember 2004 met ‘n lang lys aantygings teen hom van die raad na die Suid-Afrikaanse Polisiediens “teruggeroep”.

‘n Forensiese oudit deur die ouditeursfirma Deloitte en Touche het in 2004 tugstappe teen Mmutle, sy drie adjunkte en nog vier senior metropolisielede aanbeveel na bewerings van nepotisme, korrupsie en wanbestuur op die televisie program Carte Blanche.

Soever bekend is die aantygings van wanbestuur teen Mmutle nooit weerlê nie.

Daar is ook reeds aanduidings dat Mmutle sy eie span saam bring na die pos by die Metro polisie.

Die DA is vas oortuig dat daar ander kandidate vir hierdie pos was sonder ‘n negatiewe geskiedenis. Waarom moes die keuse juis op Mmutle val?

Misdaad is almal se vyand nommer een. Juis daarom betreur die DA die feit dat die belange van die gemeenskap die knie moes buig voor goedkoop politiek met met geen voordeel vir die breë gemeenskap nie.

Raadslid Karen Meyer
DA Woordvoerder: Gemeenskapsveiligheid en Nooddienste
082 373 7662

Press release: Ward Councillor Karen Meyer, DA Spokesperson: Community Safety and Emergency Services, Tshwane. 19 June 2008

The Democratic Alliance learnt with shock that the ANC went ahead with the controversial appointment of Commissioner Mpho Mmutle as the head of the Tshwane Metro Police. This happened despite repeated warnings by the DA that this is not a desired appointment.

It is clear that politics are more important than effective service delivery and productivity. This appointment doesn’t add value to the Community Safety Department, a department that needs skilled management more than ever to ensure effective service delivery.

Mmutle has been ‘called back’ to the SAPS from the Council in 2004 with a long list of accusations against him.

A forensic audit by the audit firm Deloitte and Touche recommended disciplinary steps against Mmutle, his three deputies and four senior metro police members following accusations of nepotism, corruption en mismanagement on the television programme Carte Blanche.

To the DA’s knowledge these accusations of miss management have never been refuted.

There is already an indication that Mmutle will bring his own team with him to the post at the Metro Police.

The DA is convinced that there were other candidates for this post without any negative history. Why was Mmutle chosen?
Crime is everyone’s number one enemy. Therefor the DA finds regrettable that the interest of the community had to bow before cheap politics with no benefit for the broader community.

Councillor Karen Meyer
DA Spokesperson: Community Safety and Emergency Services
082 373 7662