Tuesday, August 19, 2008

DA Calls for Frensic Audit After Top Official’s Resignation


Press release: Ward Councillor Clive Napier, DA Spokesperson: City Planning, Development and Regional Services, Tshwane. 15 August 2008

The Democratic Alliance (DA) notes the resignation of Mr Tommy Harrington, Chief Building Inspector from the Tshwane municipality after more than twenty years service. The DA is not surprised by the reasons given by Mr Harrington for his resignation, including allegations of persons appointed to positions who are not fully qualified, pervasive nepotism and the reservation of posts in the municipality for friends, the accepting of bribes as ‘thank you’s’ , and having to function in an unhealthy work environment, and many other irregularities.
The DA has for some years been making representations in council concerning the general mismanagement and administrative failures of the City Planning and Development and Regional Services department of the municipality, which is a key department and a core interface between the municipality and residents.
The DA has repeatedly focused on and pointed out many additional failures of the Department including the slow pace in approving building plans and rezoning applications, the tardiness in conducting inspections and in prosecuting illegal land users and violators of building regulations.
The DA recognizes the importance of City Planning as an important facilitator in the development of the Tshwane municipal area and an important contributor to a well planned capital city of excellence. In view of the allegations made by Mr Harrington, the DA calls upon the Executive Mayor to urgently issue an instruction to have the a formal forensic audit conducted of the entire City Planning Department, to identify all corrupt practices and irregularities, and bring those to justice who might be involved.
The DA is firmly of the view that certain operations of the Building Control and Development Control sections of the Department should be privatized with a view to addressing the rapid collapse of services rendered by this Department as a result of the factors mentioned above, and the brain drain, of which Mr Harrington is just one example.
Councillor C J Napier - 082 827 5578

Mediaverklaring: Wyksraadslid Clive Napier, DA woorvoerder: Stadsbeplanning, Ontwikkeling en Streeksdienste, Tshwane. 15 Augustus 2008

Oproep vir Forensiese Oudit na Top Amptenaar se Bedanking

Die Demokratiese Alliansie (DA) neem kennis van die bedanking van mnr Tommy Harrington, Hoof Bou-inspekteur van die Tshwane munisipaliteit na meer as twintig jaar se diens. Die DA is nie verras met die redes vir mnr Harrington se bedanking nie, insluitende bewerings van persone wat in posisies aangestel is wie nie ten volle gekwalifiseerd is nie, omvattende nepotisme en die reservering van poste in die munisipaliteit vir vriende, omkopery in die vorm van ‘dankies’, en om in ‘n ongesonde werksomgewing te funksioneer, en baie ander ongerymdhede.

Die DA het vir etlike jare aanbiedings aan die raad gemaak rakende die wanbestuur en administratiewe mislukkings deur die Stadsbeplanning-en- Ontwikkeling en Streeksdienste Department van die munisipaliteit, wat ‘n sleutel departement en ‘n kern skakeling tussen die munisipaliteit en die inwoners is.

Die DA het herhaaldelik op baie ander mislukkings van die departement gefokus en uitgewys, insluitende die stadige pas om bou-planne en hersonerings aansoeke goed te keur. Die traagheid om inspeksies uit te voer en die vervolging van onwettige grond gebruikers en verbreking van bou regulasies.

Die DA erken die belangrikheid van Stadsbeplanning as ‘n belangrike fassiliterings meganisme in die ontwikkeling van die Tshwane munisipale gebied en ‘n entiteit wat ‘n belangrike bydrae maak met die vestiging van ‘n goed beplande hoofstad van uitnemendheid. In die lig van die bewerings wat gemaak word deur mnr Harrington, doen die DA ‘n beroep op die Uitvoerende burgemeester om dringend ‘n instruksie uit te reik om ‘n formele forensiese oudit in die Stadsbeplannings department as geheel uit te voer, om alle korrupte praktyke en ongerymdhede te identifiseer, en om diesulkes wat hierby betrokke mag wees , tot verantwoording te roep.

Die DA voel sterk daaroor dat sekere operasies van die Bou beheer en Ontwikkelingskontrole seksies van die Departement geprivatiseer moet word om die vinnige ineenstorting van die dienste gelewer deur die departement, as gevolg van die redes hierbo genoem, en die brein kwyn, waarvan mnr Haarington net een voorbeeld is, aan te spreek.

Raadslid Clive Napier – 082 827 5578

No comments: