Monday, September 1, 2008

Speech: Council 28 Aug - Alternative Service Delivery


City of Tshwane Metro Raadsvergadering op 28 Augustus 2008 om 10h00.

Meneer die Speaker ek wil graag reageer op Annexure A. punte 2, 3, en 4 van die Burgemeesters Komitee verslag.

Ek begin by punt 2 wat handel oor die sogenaamde ASD poste vir personeel strukture in die Raad. Meneer hierdie ASD poste strukture is ‘n euwel en niks anders as ‘n geleentheid vir die ANC om van ou bekwame en ervare personeel in die Raad ontslae te raak sodat hulle, hul eie valse politieke agendas kan gebruik om regstellende aksie toe te pas.
Daar word gevoelloos, mense van buite oor ervare aptenare aangestel wat nie die werk kan doen nie en om daardie rede dat ons Raad se lewering van dienste so agter uit gaan.
Menneer van die 24 top bestuurs poste van die verlede is daar sover slegs 11 oor en dan nie te praat van alle ander senior poste nie. In my eie portefuelje sit ek hier met ‘n elle lang lys van amptenare wat of gedemoveer is na minderwaardige poste (selfs na buite hulle departemente verplaas is) of word dan so gedwing deur onbevoegde nuwe senior amptenare wat hulle self minderwaardig voel en dit dan moeilik maak vir die ou bekwame amptenaar om nog aan te bly en dan eerder bedank.
Meneer die Speaker dit maak nie saak hoeveel veranderings ons aan hierdie stelsel aanbring nie dit sal op die ou eiende die ANC se kop op ‘n skinkbord eis.

Punt 3 Meneer handel oor die ontwikkelings strategie beleid vir sport in ons Metro. Ek dink ons is ander Metros ver voor en kan die Minister van sport gerus in Tshwane kom kyk hoe om sport ontwikkeling en transformasie te bevorder. Sport behoort met die hulp van plaaslike regerings met die daar stel van sportfasiliteite en ontwikkelings programme in samewerking met die sport kodes onwikkelings te doen.
Die ANC Regering moet eerder sportfasiliteite en plaaslike regerings deelname aanmoedig as om die sport met politieke agendas te wil regeer. Daarom is dit nie snaaks dat ons die swakste in die geskiedenis gevaar het by die Olympiese spele in Beijing nie met slegs een silver medalje, selfs swakker as Zimbabwe met vyf medaljes wat op hierdie stadium geen Regering het nie !
“ Politieke inmenging in spankeuses,afrigters en spanbestuurders stel meriete onderhewig aan regstellende aksie in bykans elke Olympiese sport soort “ hierdie stelling is gemaak in Sondag se Rapport deur ‘n Olympiese sport skrywer.
Ons sport mense se altyd jy torring of verander nie aan‘n wenspan nie en daarom weet ons ook dat met die politieke aanstelling van die derde beste Rugby afrigter vir ons Wereldkampioene ons nou maar ook tevrede sal moet wees met die derde plek in Wereld rugby.

Meneer die Speaker punt 4 handel oor die Raad se deelname aan ons gedenk dae wat elke jaar gevier word.
Ons het voorheen al in hierdie Raad gese dat die aard van programme van al hierdie dae is niks anders as ANC rallies nie en mors die ANC miljoene Rande van die belastingbetallers se geld om mense met 50 busse aan te ry om te kom eet en drink en na ‘n program kyk wat net vir een kultuur groep is, sodat hulle daarna ook na die ANC sprekers kan luister.
Meneer die Speaker ons wonder of dit nie dalk beter sou wees om net elke vyf jaar so ‘n gedenkdag viering te hou nie en eerder die ander ander vier jaar se miljoene Rande gebruik vir behuising, klinieke en sorgeenhede vir ons armes en bejaardes nie ! Wanneer gaan ons almal eendag in Suid Afrika kan tuisvoel om as een nasie ons demokrasie te kan vier ?

Ek dank u,

Raadslid Johan Welmans
DA Sportwoordvoerder Tshwane Koukus
Sel : 0726179197

No comments: