Thursday, April 10, 2008

Die Moot Marsjeer vir Wandellaan - 12 April!



Die Demokratiese Alliansie (DA) nooi u uit na ‘n Bewusmakingstaptog in die Moot op Saterdag 12 April 2008.

Die staptog wat op Saterdag 12 April om 08:00 die oggend gehou sal word, word gelei deur die bekende aktrise Elzette Maarschalk van Binnelanders-faam.

Die staptog beoog om die proses te begin om ‘n toerisme-en ontspanningsnodus in die Moot te vestig. Die eerste doelwit is om Breyerlaan in Waverley in ‘n wandellaan te omskep.

Hierdie wandellaan sal die historiese erfenis van onder andere die Magaliesberg vier en weergee. Terselfdetyd sal die wandellaan deur besoekers gebruik kan word vir allerlei onstpanningsaktiwiteite in ‘n veilige en prentjiemooi omgewing.

Navrae: Adriana Randall (083 263 8667)

No comments: