Monday, April 14, 2008

Spookhuise


Die LUR van Behuising, Nomvula Mokonyane (die “Koningin van leë beloftes”) het laas November op die Sowetan se voorblad aangekondig dat 468 nuwe voorafvervaardigde huise gebou sal word in Nomzamo, Soweto gedurende Desember. Nog 400 sulke huise sou in Kaalfontein gebou word voor die einde van Maart hierdie jaar. Toe ons haar uitdaag daaroor in die debat oor die Stand van die Provinsie op 21 Februarie hierdie jaar, het sy uitgeroep: “Hulle is daar!” Laasweek het Kate Lorimer LPW die terreine besoek en die huise kon nêrens opgespoor word nie. Kate reken sy het deel van die raaisel opgelos - die Departement beskryf Kaalfontein as “suid van Johannesburg”. Dis inderwaarheid noord van Johannesburg, naby Ivory Park. Mokonyane moet regte huise op regte plekke begin bou in plaas van lugkastele en spookhuise.

No comments: