Tuesday, April 8, 2008

Tshwane Raad Mors Geld op Voertuighuur


Persverklaring: Raadslid Adriana Randall. 8 April 2008

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die Tshwane Stadsraad se yslike voertuig huurrekening gekap.

Die geskatte totale koste vir die huur van voertuie vir die periode Augustus 2007 tot Januarie 2008 is ‘n verbysterende R 8 509 362-36, waarvan 91 voertuie toegeken is aan die Landbou en Omgewingsbestuurs departement en 50 vir die Elektrisiteits departement. Die Metro-Polisie departement het slegs 9 voertuie ingevolge hierdie kontrak verkry.

Dit is omdat die Raad nie in staat is om voertuie betyds te bekom voordat langtermynkontrakte verstryk nie. “Dit is duidelik dat die stadsraad se voertuig vlootbestuur en verskrygingseksies nie in staat is om te beplan wanneer hulle weet voertuie moet vervang word nie. Dit blyk die gevolg te wees van onbevoegdheid en ‘n gebrek aan verantwoorbaarheid by die betrokke seksies.” het Raadslid Adriana Randall van die DA gesê.

Die DA bevraagteken dit ernstig of hierdie geld sinvol spandeer is. “ Dit kan eenvoudig nie ‘n koste effektiewe wyse wees om die voertuigvloot van die stadsraad te bestuur nie.” het Randall gesê. Sy het bygevoeg dat hierdie tipe buitensporige uitgawes laat dit voorkom asof die stadsraad hoegenaamd geen tekorte het wat fondse betref nie. “Ons weet almal beter, die raad kan nie sulke huurkontrakte bekostig nie.”

Die DA wil weet watter plan die Raad in plek het om die voertuigvloot behoeftes aan te spreek. Deur die voertuie te huur teen gemelde bedrae kan die stadsraad die voertuie wat benodg word aankoop binne ‘n jaar of twee en miljoene rande in die toekoms spaar.

Die African National Congress (ANC) geleide Raad is die belastingbetalers van Pretoria ‘n verduideliking verskuldig. Inaggenome die infrastruktuur behoeftes van die stad veroordeel die DA sulke spandabelrigheid en maak ‘n beroep op die Raad om sy plan asook ‘n tydtafel vir hoe ‘n koste effektiewe voertuigvloot in stand gehou kan word in die volgende finansiële jaar, bekend te maak.

Daar is ‘n algemene hulpkreet vir beter dienslewering onder al die gemeenskappe van die Tshwane Metropolitaanse stad. Die DA sal aanhou om sulke nie-rassionele finansiële uitgawes te ontbloot. Gesonde finansiële bestuur word vereis vir ‘n goed funksionerende stad. Die DA sal volhard om daarop aan te dring

Die DA beplan om die burgemeester te vra oor die prestasie bonus strukture vir die twee betrokke departemente. “ Die prestasie kontrakte van die bestuurders van daardie departemente moet sekerlik gekoppel wees aan die kern besigheid, naamlik om die voertuigvloot effektief te bestuur en die verkryging van die mees koste effektiewe opsie vir die stadsraad. Ons wil van die burgemeester weet of dit inderdaad so is en of die bestuurders ter sprake gepenaliseer sal word omrede sulke vermorste uitgawes vir die stadsraad aangegaan is.” het Randall gesê.

Raadslid Adriana Randall (083 263 8667)

No comments: